ADVERTISEMENT:

 

 
 

Laerskool en Hoërskool Louis Trichardt het Saterdag in die sub-junior meisies afdeling van die naweek se Tour de Lip-ligabepaling top plekke ingeneem op die podium. Van links na regs is Simoné Oberholzer van Laerskool Louis Trichardt (2de), Jani Jordaan van Kingfisher Privaatskool (1ste) en Dominique Nel van Hoërskool Louis Trichardt (3de). Buiten vir hul podiumplekke is Simoné die top provinsiale ryer in haar afdeling. Aangesien sy en Jani nog op laerskool is, sal Dominque die provinsie gaan verteenvoordig in dié afdeling as nommer 1-ryer tydens die nasionale kampioenskap vir hoërskole in die Spur XCO-reeks by Hoërskool Bekker.

Triegie-jongspan werk hard vir Lim tweede plek

Date: 24 September 2016 By: Isabel Venter

Laerskool Louis Trichardt se bergfietsspan het die afgelope naweek, tydens die Tour de Lip provinsiale skole Spur-bergfietsliga, hulle tuisveld goed verdedig.

Op die koop toe het hulle sommer hulle agterstand op die punteleer heelwat kleiner gemaak. Teen die einde van die liga kan hulle hulself op die skouer klop met ‘n algehele tweede plek in Limpopo. Dié jong span het met die eerste wedren, die Tour de Gat, vierde op die provinsiale punteleer gelê.

Hulle grootste teenstanders, die spannetjie van Pietersburg Oos Laerskool, het van meet af aan die druk toegepas en ‘n voorsprong van 122 punte aangeteken. Dit was ‘n stryd vir die oorblywende top twee plekke tussen Laerskool Louis Trichardt, die privaatskool Unicorn Prepatory (Polokwane) en Pepps (ook van Polokwane). Laerskool Louis Trichardt het die agterstand stelselmatig ingehaal, maar amper uit die top drie geval na afloop van die Tour die Pot, die derde-laaste wedren in die liga.

Die afgelope Saterdag het die Triegie-span hulle skool trots verdedig en die ander teenstanders verbygesteek om hulle tweede plek op te eis op die punteleer.

Simoné Oberholzer het goed gevaar, maar moes nog steeds dié keer die wennerstrui afstaan. Sy het tweede in die sub-junior meisiesafdeling geëindig, nadat sy klaargemaak het in ‘n gesamentlike tyd van 50:57.60 oor twee rondtes, amper twee minute na haar voorste teenstander, Jani Jordaan van Kingfisher, wat gewen het in ‘n totale tyd van 49:10.73. Simoné se totale punte wat sy oor die vier ligabepalings ingesamel het, het aan haar ‘n eerste plek op die provinsiale punteleer besorg. In hierdie afdeling neem sy deel teen hoërskoolkinders. Omdat sy egter nog in die laerskool is, kwalifiseer sy nie om vanjaar aan die nasionale kampioenskappe by Hoërskool Bekker te gaan deelneem nie. Twee seuns van die jong Triegie-span wat in die sub-junior afdeling deelgeneem het, was Trevor en Shaun de Beer. Hulle was onderskeidelik 20ste en 23ste in 49:44.78 en 50:18.71. Jonathan Taylor, ook van die laerskool, was algeheel 29ste in ‘n tyd van 58:18.70.

Verder spog die jong span ook met nog vier Top-10 plekke op die individuele provinsiale punteleer. Brendan Bruce en Jaco Venter het onderskeidelik vierde en agste in die Nippers-kategorie geëindig, terwyl Catelyn de Beer agste was in die Nipper-meisies kategorie en Michelle Steyn algeheel sesde geëindig het in die meisies se Sprogs-kategorie.

Brendan het Saterdag derde klaargemaak in ‘n tyd van 19:22.48 oor twee rondtes. In dieselfde afdeling het Jaco sesde klaargemaak in ‘n tyd van 21:35.49. Ander Triegies wat in die Nippers-kategorie deelgeneem het, was Shilo van Zyl (7de), Iwan van den Heever (12de), Matthew Lee (14de), Daniel Lee (15de), Xavier Kotzee (30ste), Reynard Wilson (33ste), Nicolas Archer (37ste), Peroux du Preez (39ste), Tiaan Scheepers (40ste) en Leander Kotzee (50ste).

Die seuns wat deelgeneem het aan die Sprogs-afdeling was Christopher Coronaios (14de), Jacques du Preez (24ste) en Keegan Mocke (36).

 

 
 
 

Viewed: 808

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Brendan Bruce, wat vir Laerskool Louis Trichardt se span gery het en 'n derde plek gewen het in die Nippers-afdeling.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT