ADVERTISEMENT:

 

 
 

Spanmaats (van links na regs) Jandré van Jaarsveldt, Marco Roets en Rick Coetzee van die Soutpansberg Fietsryklub was net drie van talle plaaslike fietsryers wat Sondag die uitdagende jaarlikse Telkom 94.7 Cycle Challenge oor 95 km aangedurf het. Foto: Facebook.

94.7-uitdaging laat talle padfietsryers sweet

Date: 25 November 2016 By: Andries van Zyl

Talle van die Soutpansberg se padfietsryers het die afgelope naweek die lang pad Gauteng toe aangedurf vir deelname aan die uitdagende Telkom 94.7 Cycle Challenge oor 95 km op Sondag, 20 November.

Digby 20 300 fietsryers vanoor die hele land het aan dié gewilde fietswedren deelgeneem. Dit was veral die jongklomp van Louis Trichardt wat goed vertoon het.

Onder hulle was Marco Roets, wat 70ste eindig uit 439 deelnemers in die O/23-mansafdeling. Sy tyd was 02:46:01. In dieselfde ouderdomsgroep eindig Adrian Joubert algeheel 106de in ‘n tyd van 03:07:29.

In die junior mansafdeling palm Douglas Archer ‘n algehele 92ste plek in uit 203 fietsryers in sy kategorie in ‘n tyd van 03:25:21. Pa Mark het ook gery en eindig 1 209ste uit 2 267 ryers in die mans 45 tot 49 jaar kategorie in 03:55:46. In dieselfde ouderdomskategorie vir vroue (45 tot 49) eindig Jeanette Coetzer 224ste uit 502 deelnemers in 04:14:44.

In die Elite-mansafdeling beïndruk Jandré van Jaarsveldt deur algeheel 273ste te eindig uit ‘n groot veld van 1 766 deelnemers. Sy tyd was 03:10:05. Eweneens beïndruk mede-Soutpansberg Fietsryklub spanmaat Rick Coetzee ook, deur algeheel 126ste te eindig uit ‘n groep van 2 122 ryers in die mans 30 tot 34 jaar afdeling.

(Die uitslae hierbo is slegs dié van die plaaslike fietsryers waarvan die Zoutpansberger bewus was wat gery het).

 
 
 

Viewed: 902

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT