ADVERTISEMENT:

 

 
 

Mnr. Daan Enslin het ‘n groot gedeelte by die hoek van Celliers- en Songozwistraat laat skoonmaak. Hier staan sy werknemer, mnr. Rudzani Rambau. Maar hoe nou gemaak met mense wat nie vir so ‘n projek kans sien nie? Indien hulle ‘n gemeenskapsvergadering reël, is mnr. Louwrens Brits van Working on Fire bereid om aan die gemeenskap te kom verduidelik hoe WoF moontlik kan help. Brits kan geskakel word by 071 355 6255.

Inwoners werk hard om hul huise veilig te maak

Date: 13 June 2014 By: Linda van der Westhuizen

Ontbossing word ernstig aangepak deur inwoners van Makhado (Louis Trichardt) ná nog ‘n misdaadgeval, en ‘n brandvereniging bied ook hulp aan.

Celliersstraat se inwoners is fluks besig om die berugte koppie oorkant hulle skoon te maak. Dié digbeboste koppie was onlangs die toneel van ‘n wrede moord, asook ‘n selfmoord, en bied skuiling aan misdadigers.

Die Grasdak Gastehuis  het hul ontbossingspoging verskerp na ‘n inbraak in ‘n voertuig op 5 Junie. Die voertuig het aan ‘n kliënt vanaf Upington behoort en sy beursie met geld en kaarte, tjekboek, ID dokumente en paspoort en ‘n gereedskapkissie is gesteel. Die voorval het helder oordag plaasgevind. “Die bloed het van sy arms afgeloop soos wat hy deur die digte bosse probeer beur het om die rower agterna te sit,” het me. Annette du Preez, eienaar van die Grasdak, gesê. Die SAPD het vingerafdrukke kom neem.

‘n Werknemer en tydelike werker van die Grasdak Gastehuis het skuins oorkant hulle ‘n skoongemaakte kol in die bos ontdek vanwaar diegene wat in Erasmusstraat en Cellierstraat (in beide rigtings) beweeg, maklik dopgehou kan word. Die twee werkers spring nou elke naweek in en ontbos en brand bietjies-bietjies terwyl hulle toesig hou. “Ek gaan die onkostes aan, want ‘n mens wil jou plek beskerm,” het Du Preez gesê.

Mnr. Daan Enslin het ‘n groot area op die hoek van Celliers- en Songozwistraat laat skoonmaak, want mense gebruik dit as ‘n plek om vullis te stort.  “Hulle het ‘n bietjie opgehou om hulle gemors hier te kom gooi. Die mense het ook van hierdie plek ‘n toilet gemaak. Hier het ‘n klomp gure goed gebeur,” het Enslin gesê . Hy het 20 groot sleepwaens vol vullis weggery. Die skoonmaak gaan met heelwat kostes gepaard. Enslin het ‘n petrol boomsaag aangekoop en ook baie geld aan gif spandeer om die indringer sekelbosse te bekamp. Een van sy werkers, mnr. Rudzani Rambau, het gesê dat dit hom drie maande geneem het om sover te ontbos. Ander inwoners van Cellierstraat werk ook aan die gedeeltes oorkant of langs hulle erwe. “Die ontbossing hou ook ‘n brandgevaar van die huise weg,” het Enslin gesê

Die bosse is klaarblyklik digter as gewoonlik omdat meer reën en minder brande digter plantegroei veroorsaak.  “Die droë wintertyd van 2012 het met baie brande gepaardgegaan. In 2013 was alles redelik vogtig in die wintertyd en hierdie jaar is dit ook lekker nat,” het Mnr. Juan-Ray Greyling van Steven Lumber Mills gesê. Greyling, wat ook bestuurder van sommige Working on Fire (WoF) spanne en waarnemende basisbestuurder van die Zoutpansberg Fire Association is, het genoem dat ‘n strook van 20 meter reg rondom ‘n area skoongemaak kan word, waarna ‘n beheerde brand in so ‘n beboste gebied ‘n moontlikheid is.

Intussen het mnr. Louwrens Brits, ‘n spesialis van Working on Fire in alle soorte brande in Polokwane, gesê dat WoF kan kom help om digbeboste dele te brand om die brandgevaar te beperk. Waar digbeboste gedeeltes voorkom, soos oorkant Pretoriusstraat, of waar inwoners nie hul weg oopsien om die ontbossing self aan te pak nie, kan die gemeenskap vir Brits nader. WoF sal skriftelike toestemming benodig van die eienaars van die grond waar gebrand word. Die gemeenskap kan ook ‘n vragmotor en ‘n bakkie beskikbaarstel om WoF se onkostes te verminder. WoF word deur die staat befonds en dit is moontlik dat so ‘n projek as ‘n gemeenskapsprojek kan deurgaan. Brits is bereid om alles te kom verduidelik indien lede van ‘n gemeenskap ‘n behoefte daaraan het en hy kan geskakel word by 071 355 6255.

 
 
 

Viewed: 315

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT