ADVERTISEMENT:

 

 
 

generiese foto

Dorp se watersituasie verbeter steeds

Date: 16 April 2014 By: Isabel Venter

Die ewigdurende stryd wat die burgerregte organisasie AfriForum met die Vhembe en Makhado Munisipaliteit het rakende watervoorsiening in Makhado (Louis Trichardt) is vinnig besig om einde se kant toe te staan.

AfriForum se voorsitter vir Makhado (Louis Trichardt), mnr. Wally Schultz,  het verlede week Woensdag (9de) met vreugde aangekondig dat beide die Mowkop en Bergstraat reservoirs 100% vol was. Teen Maandag was beide reservoirs tussen 80% en ‘n 100% vol.

Schultz het bygevoeg dat daar egter nog waterregulering sal plaasvind tot tyd en wyl verskeie boorgate regoor die dorp weer herstel, toegerus en geëlektrifiseer word. “Sekere areas sal sien dat hulle water gedurende die aande afgeskakel word,” het Schultz gesê. Dít word gedoen sodat ander areas van die dorp, soos die Khutama Sintumule gevangenis, ook van water voorsien kan word.

Intussen is die Vhembe Distriksmunisipaliteit besig om drie nuwe boorgate te boor wat ook water sal voorsien as aanvulling tot water van die Albasinidam af. Beide munisipaliteite, sê Schultz, is ook besig om saam te werk om te verseker dat al die pompstasies wat water verskaf aan die dorp en die omliggende omgewing beskerm word teen mense met lang vingers.

Schultz het die hoop uitgespreek dat van hierdie waterstasie-pompe teen die einde van April ten volle herstel en diefbestand sal wees.

Intussen het die woordvoerder vir die Vhembe munisipaliteit, mnr. Ralushai Matodzi, gevra dat indien daar areas is wat nog nie water het nie, hulle dit moet aanmeld by die munisipaliteit. Die munisipaliteit kan geskakel word by 015 960 2000.

 
 
 

Viewed: 240

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT