ADVERTISEMENT:

 

 
 

generiese foto

Geskil oor lone eindig in saak in Distrikshof

Date: 17 April 2014 By: Isabel Venter

Die polisie moes verlede Donderdag inderhaas tussenbeide tree, nadat ‘n loongeskil hier in Makhado (Louis Trichardt) ‘n dramatiese wending geneem het.

‘n Sekuriteitswag van ‘n plaaslike sekuriteitsfirma, die 28-jarige Elvis Mashamba Rendani, het die polisie se hulp ontbied nadat sy bestuurder glo ‘n vuurwapen op hom gerig het. Die polisie se ondersoek in die saak het gelei tot die inhegtenisname van die bestuurder, die 31-jarige Jacobus Nortjé. Nortjé staan alombekend as Cobus.

Nortjé is verlede Vrydag gearresteer, nadat hy en Rendani glo ‘n woordewisseling gehad het oor Rendani se lone. Die uitbarsting het in Industriastraat, naby Desai Cash & Carry, plaasgevind. Volgens wat die koerant kon vasstel, het die twee mans baklei omdat Rendani ‘n eis ingedien het by die hof vir klein eise oor sy lone wat nie betaal is nie. Tydens die bakleiery moes Rendani na bewering op die vlug slaan, nadat Nortjé hom na bewering gedreig het met sy vuurwapen.

Tydens die woordewisseling het dinge glo so erg geraak dat Nortjé vir Rendani in die straat afgejaag het – steeds met sy vuurwapen in die hand. Rendani het die hulp van die polisie ontbied, nadat hy op die vlug geslaan en gaan wegkruip het. Nortjé sou glo wéér vir Rendani aan die nek gegryp het terwyl die polisie op die toneel was om die saak te ondersoek.

Nortjé is gearresteer en gewaarsku om Maandag (14de) in die Louis Trichardt Distrikshof te verskyn.  Hy het wel vlugtig op 'n klag van die nalatige rig van ‘n vuurwapen en nog 'n klag van aanranding verskyn.

Sy saak is uitgestel tot 5 Mei vir verdere ondersoek.

 
 
 

Viewed: 268

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT