ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle oom Gert Heinlein (74). Foto verskaf.

Oom Gert se plekkie leeg

Date: 17 July 2014 By: Andries van Zyl

'n Oud-inwoner en sakeman van die Soutpansberg, oom Gert Heinlein, is op 7 Julie na ‘n kort siekbed in die ouderdom van 74 jaar oorlede.

Wyle oom Gert was tydens sy afsterwe saam met sy eggenote, tannie Marthie, woonagtig op Die Oog Aftree-oord naby Mookgophong (Naboomspruit).

Menige inwoner sal oom Gert onthou vir sy jarelange eienaarskap van die Venda Tune-Up Brake & Clutch Centre in Shayandima (1987 tot 2013). Die egpaar was woonagtig in Makhado (Louis Trichardt) op die plaas Vygeboomsdrift  sedert 1980, en in die tagtiger jare het oom Gert ook by Mount Fuji Motors gewerk.

Wyle oom Gert word oorleef deur sy eggenote, seuns Frans en Rudi, dogter Gerda, skoonseun Thys en skoondogters Lerina en Jeany, asook agt kleinkinders en vier agterkleinkinders.

“Ons gaan oupa, pa, man en oupa-groot baie mis. Jou plekkie is leeg hier op aarde, maar sal altyd hier diep binne ons harte bly voortleef,” het die familie gesê. Hulle het hul dank uitgespreek vir elke SMS, oproep en gebed wat hulle in hierdie moeilike tyd ontvang het. “Ons waardeer dit baie,” het die familie gesê.

 
 
 

Viewed: 214

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT