ADVERTISEMENT:

 

 
 

Tradisioneel 'n Internet-skelmstreek word ook nou sommer per pos aangestuur. Angela Versari van Makhado (Louis Trichardt) het hierdie brief ontvang en onder die koerant se aandag gebring.

Swendelaars maak ook gebruik van posdiens

Date: 17 July 2014 By: Isabel Venter

Na verskeie onlangse berigte in die Zoutpansberger verskyn het, het daar nog ‘n swendelstreek aan die lig gekom.

Dié keer het die bedrogspul, ‘n ou bekende op die Internet, deur die slakkepos gekom.

‘n Ene mnr. Rhaji Haid van Darfur, Soedan, vra hulp van inwoners in ‘n getikte brief om sy pa, wat gedood is deur sluipmoordenaars, se erfporsie van $18 miljoen (Amerikaans) te help belê. Haid belowe 30% van hierdié bedrag aan die “eerlike en vriendelike” persoon wat hom sal toelaat om van hul privaatbankrekening gebruik te maak om die geld in Suid-Afrika te belê. Die brief is onderteken met ‘n geskribbelde handtekening en datum. Interessant genoeg word hy dan Hadi en nie Haid nie.

‘n Inwoner van Makhado (Louis Trichardt) wat só ‘n brief ontvang het, was me. Angela Versari. Sy het die voorval onder die koerant se aandag gebring, en was hoogs ontsteld dat die brief persoonlik aan haar geadresseer was. “Hoe weet hulle waar jy bly? Dis vreeslik dat hierdie mense al weet waar mens bly – mense sal moet versigtig wees – wat as hulle ook jou huis dophou?” het sy gesê.

Sy het nie van Haid se aanbod gebruik gemaak nie, hoe aanloklik dit ookal klink.

 
 
 

Viewed: 177

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT