ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die inbrekers het toegang tot die gebou verkry deur ‘n gat in die plafon te maak. Hier kyk mnr. Jacques Burger van Compro IT bo in die plafon, om die skade aan die drade van die rekenaarnetwerk te bepaal.

Eerste skooldag-skok wag vir onderwysers

Date: 25 July 2014 By: Linda van der Westhuizen

Om terug te wees by die skool na ‘n lang wintervakansie was nie vir die personeel van Laerskool Louis Trichardt die enigste aanpassing hierdie week nie.

Hulle is op die eerste skooldag begroet deur die skok van ‘n inbraak, wat waarskynlik gedurende die naweek voor die skole begin het, plaasgevind het.

Inbrekers het deur die sinkplaatdak toegang tot die administratiewe blok verkry deur ‘n gat in die plafon van die afrolkamer te kap. Die alarmdrade is daar afgeruk en daarmee saam is die drade van die interkomstelsel en die rekenaarnetwerkstelsel beskadig. Toegang is tot die skoolterrein verkry deur die heiningdraad in Celliersstraat te knip. 

Die deur van die afrolkamer is oopgebreek en die kluis is met ‘n hoekslyper netjies oopgesny. Uit die kluis word ‘n skootrekenaar, ‘n kamera, ‘n diktafoon en kontant vermis. Die inbreker het ‘n draai regdeur die administratiewe blok gemaak deur nog ‘n houtdeur, traliedeur en glasdeur oop te breek. In die siekeboeg is ‘n kas oopgemaak en rubberhandskoene gesteel, asook komberse. Verder is die rekenaar by die ontvangs ook gesteel, asook ‘n stoel.

‘n Werknemer het Maandag om 05:30 opgemerk dat alles nie pluis is nie en vir mnr. Greg Stewart gaan roep, wat die polisie ontbied het.

Sommige van die personeel het die opmerking gemaak dat die inbrekers met die regte toerusting gekom het en presies geweet het waar om oop te sny. Hulle meen die inbrekers is baie ervare in hulle ‘bedryf’.

“Ons het op die oomblik geen kommunikasiestelsel nie en stuur ook nie die normale SMS’e aan die ouers uit nie,” het die skoolhoof, mnr. Louis Linde, gesê. Me. Ansie van Jaarsveld van ontvangsbestuur voel verlore sonder haar rekenaar waarop alle data is wat sy benodig vir haar werk.

Die inbraak het as ‘n onaangename skok vir almal gekom. “Hulle is deur vyf deure en ‘n dak. Ek weet nie wat om nog te doen ten opsigte van sekuriteit nie. As iemand vir my ‘n voorstel het, sal dit verwelkom word,” het mnr. Stewart gesê.

 
 
 

Viewed: 380

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

Laerskool Louis Trichardt is op die eerste skooldag ná die wintervakansie begroet deur die skok van ‘n inbraak. Hier staan die skoolhoof, mnr. Louis Linde, by die oopgesnyde kluis.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT