ADVERTISEMENT:

 

 
 

Jenika Pohl, hokkiespeler van Hoërskool Louis Trichardt, is gekies vir die Bokkieweek se O/16 President-hokkiespan. Sy is een van twee spelers van die provinsie wat dié span gehaal het. Hier is sy afgeneem tydens die span se eerste oefening wat op TUT se astrobaan plaasgevind het. Foto verskaf.

Jenika trek “groen en goud” oor haar kop

Date: 25 July 2014 By: Linda van der Westhuizen

Jenika Pohl, hokkiespeler van Hoërskool Louis Trichardt, is gekies vir die Bokkieweek se O/16 President-hokkiespan en het daarmee haar “groen-en-goud” ontvang. 

Jenika is een van twee spelers van die provinsie wat dié span gehaal het.

Die Bokkieweek het van 7 tot 11 Julie in Mookgopong (Naboomspruit) plaasgevind. Vier hokkiespelers van Hoërskool Louis Trichardt is na afloop van proewe in Mei gekeur om aan die Bokkieweek deel te neem. Hulle is Jenika, Marli Muller, Samantha Scheepers en Stefhanie Scheepers.

Tydens die Bokkieweek was daar by elke wedstryd keurders teenwoordig en teen die middel van die week is spelers geïdentifiseer wat dan spesiaal verder dopgehou is. Die spelers wat die bokkiespanne in die verskillende sportsoorte gehaal het, is die Vrydag tydens die afsluiting aangekondig.  “Ek het dit glad nie verwag nie; daar was 12 O/16-spanne waaruit hulle kon kies,” het Jenika gesê. Sy is as doelwagter gekies.

Die President-span het reeds verlede naweek hul eerste oefening agter die blad, waar hul in die groen en goud op die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) se astrobaan in Pretoria geoefen het onder leiding van afrigter Lisa Bisschoff. Hulle gaan in Oktober na Namibië toer waar daar weer ‘n span gekies sal word wat in Texas, VSA, sal gaan speel. “Ek is baie opgewonde. Dis ‘n groot geleentheid en ek sal graag in Amerika wil gaan speel,” het Jenika gesê.

Jenika is ‘n veelsydige sportmeisie en neem ook aan atletiek, krieket, tennis en gholf deel. Sy het hierdie jaar Limpopo-kleure vir gholf verwerf en het ook ‘n hele paar jaar vir Limpopo se laerskole tennisspan gespeel. Hokkie bly steeds haar gunsteling sportsoort en sy gee graag erkenning aan haar afrigters. “By die skool word ons afgerig deur me. Cilia Williams en me. Lezahn Vollgraaff. Juffrou Cilia help my ook baie, want sy was ‘n goalie en het gebench vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe,” het Jenika gesê. Soos verwag kan word, is haar ouers baie in hulle skik met hul “bokkie”. “Ons is so trots op haar,” het mev. Elizma Pohl gesê.

 
 
 

Viewed: 332

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

Vier hokkiespelers van Hoërskool Louis Trichardt was gekeur om aan die Bokkieweek van 7 tot 11 Julie op Mookgopong deel te neem. Hulle is , voor van links na regs, Samantha Scheepers en Stefhanie Scheepers. Agter is Jenika Pohl en Marli Muller. Foto Verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT