ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle mnr. Hennie Engelbrecht (38). Foto verskaf.

Nuus van sy skielike dood kom as skok

Date: 25 July 2014 By: Andries van Zyl

Inwoners van die Soutpansberg treur hierdie week saam met die Engelbrecht-familie met die nuus van die skielike dood van die 38-jarige mnr. Hennie Engelbrecht.

Engelbrecht is laat verlede Donderdagmiddag (17 Julie) op slag dood in ‘n motorongeluk op die Braambos-pad na LMB Makhado.

Dit is nie seker wat veroorsaak het dat Engelbrecht se voertuig die pad verlaat het en herhaaldelik gerol het nie, maar sy pa, Hendrik, het Maandag gesê hulle vermoed dat hy moontlik vir iets in die pad, miskien ‘n wildsbok, uitgeswaai het.

Engelbrecht was tot Junie vanjaar ‘n bekende gesig by Stormvoël Auto Centre in Makhado (Louis Trichardt), waarna hy vir homself begin werk het. Vir dié doel moes hy ‘n bakkie aanskaf en het op die noodlottige middag die bakkie op ‘n vriend van hom se plaas gaan haal. Hy was onderweg terug dorp toe, toe die ongeluk plaasgevind het. Hy is tydens die ongeluk uit die bakkie geslinger.

Engelbrecht sal deur baie onthou word vir sy vriendelike geaardheid. Hy het baie vriende en kennisse in plaaslike visvanggeledere gehad en was ‘n karphengelaar van formaat.

Engelbrecht word oorleef deur sy vrou, Jacoba, 15-jarige dogter Ankia, 14-jarige seun Hennie (Boeta), pa Hendrik, ma Johanna en suster Elize. Sy begrafnisdiens vind Saterdag, 26 Julie, om 11:00 vanuit die Veritas-gemeente (Cloud's End) plaas.

Die familie het hul dank uitgespreek teenoor ds. Venter vir sy bystand die Donderdagaand, asook Oswald, Martie en Anita vir hulle ondersteuning en Martin’s Funerals bedank vir al die reëlings. “Dankie ook vir almal wat gebel of ‘n SMS gestuur het. Die grootste dank gaan egter aan ons Vader in die Hemel wat berusting in ons harte gebring het,” sê die familie.

 
 
 

Viewed: 267

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT