ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle mnr. Pierrie Meintjies (64). Foto verskaf.

Oom Pierrie verloor stryd teen MND

Date: 25 July 2014 By: Andries van Zyl

Soutpansbergers het die afgelope week afskeid geneem van nog een van sy bekende en geliefde inwoners.

Vriende en familie het op Vrydag, 11 Julie, ‘n laaste eer betoon aan mnr. Pierrie (Petrus) Meintjies tydens sy begrafnisdiens vanuit die AP Kerk in Makhado (Louis Trichardt). Hy is op 4 Julie in die ouderdom van 64 jaar oorlede, ná ‘n maande-lange stryd met MND (Motor Neuron Disease).

Volgens wyle oom Pierrie se eggenote, Alta, is hy sowat ‘n jaar gelede met die siekte gediagnoseer, nadat hy begin kla het van lamheid in sy vingers. Sedertdien het sy gesondheid dramaties en vinnig agteruit gegaan. Die laaste paar maande was hy merendeels bedlêend of in ‘n rystoel.

Die Meintjies-egpaar het in 1974 die besige stadslewe in Pretoria verruil vir die rustiger Bosveld en hulle op die plaas Erasmus in die Mopane-omgewing gevestig. Hier het hulle vir agt jaar gebly, waarna hulle in 1982 grond by die Rondebosch-plotte buite Makhado (Louis Trichardt) gekoop en hierheen verhuis het. Tot met sy MND-diagnose was oom Pierrie al die jare betrokke in die vervoerbedryf (hoofsaaklik sand).

Wyle oom Pierrie word oorleef deur sy eggenote, seun Rudolf en skoondogter Annemie, seun Marius, dogter Monya en skoonseun Charles en vier kleinkinders (Chamone, Raihn, Amelia en Luan).

Die familie het hul dank uitgespreek teenoor almal wat hulle in hul tyd van hartseer ondersteun en bygestaan het. Hulle het ‘n spesiale woord van dank gerig aan drs. Anneke Malan en Emil Gaigher.

 
 
 

Viewed: 160

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT