ADVERTISEMENT:

 
     

Braaidag pret

 

From: 24 September 2014 at 00:00 AM

Until: at

Location: Lalapanzi Hotel, Makhado (Louis Trichardt)


Details:

Woensdag, 24 September, is nasionale braaidag! 

Die Lalapanzi Hotel gaan groot en bied ‘n heerlike braaidag aan met spesiale programme en ‘n gaskunstenaar, William Blackrose. Toegang sal R20 per volwassene en R10 per laerskoolkind wees. Vleispakkies sal beskikbaar wees, terwyl eie koelbokse nie toegelaat word nie.

Daar gaan nie ‘n vervelige oomblik wees nie en die opwindende aktiwiteite sluit in ‘n geregi­streerde bergfietsroete, ‘n sweepklapdemonstra­sie, perderitte, ‘n waterglybaan, ‘n springkasteel, voortrekkerspeletjies, voëlkyk  en ‘n Zumba-vertoning. Verder sal braaiers die plaaslike stalletjies kan besoek, na die museumuitstalling kan kyk en aan die museumkundige vrae kan stel, asook ‘n boekuitstalling besigtig. Vir meer inligting, skakel Inga by 072 509 3939 of 015 5165455.

Persone of instansies wat stalletjies wil bespreek, kan vir Petria skakel by 082 555 1672.


Contact Person: Petria

Tel: 082 555 1672

Email:

 

Upcoming Events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe Start: 01 May  (07:00 AM) End: 01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford Start: 15 May