ADVERTISEMENT:

 
     

Akkedis Bergfietswedren

 

From: 08 August 2015 at 00:00 AM

Until: at

Location: Ocean Basket, Louis Trichardt


Details:

Die gewilde Akkedis Bergfiets­wedren sal hierdie jaar weer aangebied word, en wel op Saterdag, 8 Augustus.
Hierdie wedren het oor die jare groot gewildheid verwerf onder plaaslike bergfietsryers en is bekend as een van dié taaiste bergfietswedrenne in die streek. Daar sal oudergewoonte weer ‘n 70 km, 35 km en 10 km wedren wees. Inskrywingsgelde vir die verskillende afstande beloop onderskeidelik R170, R100 en R50. ‘n Tydelike lisensie vir die 70 km en 35 km kos R35.
Daar kan nou al oor die Internet ingeskryf word by www.eksportief.co.za/akkedismtb. Laat inskrywings kan ook gedoen word die dag voor die wedren by Ocean Basket (hoek van Songozwi- en Andersonstraat in Louis Trichardt), waar wedrennommers ook afgehaal kan word.
Die 70 km sal om 08:00 wegspring, die 35 km om 08:15 en die 10 km pretrit om 8:30 by die Hanglip Bosbou-area se lapa.
Vir meer inligting kan Renda Alexander geskakel word by tel. 082 932 3590 of 015 516 1329/9.


Contact Person: Renda Alexander

Tel: 082 932 3590

Email:

 

Upcoming Events

Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe Start: 01 May  (07:00 AM) End: 01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford Start: 15 May