ADVERTISEMENT:

 
     

La't wiel! Saam met Doppers

 

From: 05 September 2015 at 08:00 AM

Until: at

Location: Gereformeerde kerk, Louis Trichardt


Details:

La’t Wiel! Dit is die tema van vanjaar se Lentekermis van die Gereformeerde Kerk Louis Trichardt. Dit gaan op Saterdag, 5 September, plaasvind en die stalletjies sal reeds om 08:00 open.
Soos in die verlede sal daar vanjaar weer baie klem op vleis geplaas word en daar sal ook baie gebak, groente, stokworse, kerrie-en-rys, pannekoek, pap-en-kaiings, sosaties, hamburgers en skyfies, kermispoeding, ‘n kafeteria en koeldrank beskikbaar wees. Daar sal ook ‘n verskeidenheid speletjies wees, terwyl daar ook na die kinders omgesien sal word.
Tydens die kermis gaan Louis Trichardt se eie prinsessie aangewys word. Dit word op inisiatief van die predikantsvrou, mev. Hanlie Nagel, aangebied en dogters van ouderdomme 3 tot 10 mag deelneem. Oumas en mammas van dogters word uitgenooi om hulle naaimasjiene af te stof en spoguitrustings vir hulle prinsessies te maak. Inskrywingsvorms is by die kantoor van die Gereformeerde Kerk beskikbaar en vir meer besonderhede kan mev. Nagel by [email protected] of WhatsApp 079 494 8066 genader word.
‘n Inskrywingsfooi van R50 sal gehef word. 


Contact Person: mev. Nagel

Tel: 079 494 8066

Email: [email protected]

 

Upcoming Events

Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe Start: 01 May  (07:00 AM) End: 01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford Start: 15 May