ADVERTISEMENT:
AP Kerk Beja Fiets-trap
From: 03 September 2016 at 09:00 AM Until: at Location: Beja-hengeloord, Albasinidam, Louis Trichardt Details: Vanjaar se AP Kerk Pretdag word bemark as die Beja Fietstrap, en sal weer oudergewoonte by die Beja-hengeloord op die oewers van die Albasinidam gehou word, en wel op Saterdag, 3 September. Gesinne, skoolmaats, besighede, jeuggroepe en paartjies word uitgenooi om in te skryf vir hierdie fietsren met ‘n interessante verskil. In hierdie wedren sal dit nie noodwendig die vinnigste fietsryers wees wat wen nie, maar eerder die span wat die meeste punte kan bymekaar maak oor die 8 km baan. Daar gaan agt punte wees waar ‘n verskeidenheid van aktiwiteite voltooi moet word vir punte. Spanne van tot ses, ongeag watter fiets hulle ry, kan inskryf teen R200 per span. Groot pryse is op die spel, met die beste span wat R1000 kan wen. ‘n Toegangsfooi vir toeskouers van R10 per persoon is betaalbaar by die hekke. Daar sal hope te koop en drink wees en ‘n kleuterkamp waar die jongspan hulle kan besig hou. Die fietsryers sal 09:00 wegspring en kan nog tot 08:00 inskryf. Vir meer inligting of om inskrywingsvorms te kry, kan Iza Otto (079 880 6081), Susan Terblanche (063 158 4208) of Suzanne Storm (060 528 5622) geskakel word. Contact Person: Iza Otto Tel: 079 880 6081 Email: |
Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe
Start: 01 May (07:00 AM)
End: 01 May (22:00 PM)
|
|
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt
Start: 10 May (18:30 PM)
|
|
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club
Start: 11 May (07:30 AM)
|
|
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May
|