ADVERTISEMENT:

 
     

Profetiese Seminaar

 

From: 28 January 2017 at 09:00 AM

Until: 28 January 2017 at 16:00 PM

Location: Louis Trichardt Lodge


Details:

‘n Seminaar genaamd Gathering of the Eagles word op Saterdag, 28 Januarie, in Louis Trichardt Lodge se konferensiesaal aangebied.  

Betsie Joubert van Comfort Profetiese Bedie­ning is die hoofspreker by hierdie apostolies-profetiese seminaar. Daar sal onder andere klem gelê word op die rol van die apostoliese en profetiese bedieninge om in samewerking met mekaar gelowiges tot hoër hoogtes te neem.

Plaaslike  pastore wat betrokke is, is Francois Strydom van Shammah Bedieninge en Andrew Bezuidenhout en Wayne Scott van Lewende Woord Louis Trichardt. Die seminaar duur van 09:00 tot 16:00 en sluit ‘n profetiese bedieningsessie in. Registrasie vind om 08:00 by die deure plaas.

Die koste van R100 per persoon sluit ‘n ligte middagete in. Almal is welkom om die seminaar by te woon. Aangesien mense vanoor ‘n wye gebied verwag word, vra die organiseerders dat sitplekke bespreek sal word deur u naam en kontaknommer voor 27 Januarie aan Rindi Scott by 060 610 2315 per SMS of Whatsapp te stuur. Rindi kan ook per e-pos gekontak word by [email protected]


Contact Person: Rindi Scott

Tel: 060 610 2315

Email: [email protected]

 

Upcoming Events

Kookkos en pannekoek te koop
Where: Laat Lente en Herfsakker Start: 28 Mar  (10:00 AM) End: 28 Mar  (14:00 PM)
Vetkoekverkoping
Where: Boababstraat 57 Start: 05 Apr  (11:30 AM)
Conway Rugbydag
Where: Louis Trichardt Rugbyklub Start: 06 Apr  (08:00 AM)
SPCA Craft & Farmers’ Market
Where: Spca Louis Trichardt Start: 06 Apr  (09:00 AM) End: 06 Apr  (14:00 PM)
Sing-saam aand
Where: Zoutpansberg CVO Start: 12 Apr  (18:00 PM)
Munnik Meerkat
Start: 20 Apr