ADVERTISEMENT:

 
     

Ultimate Shot-Skietkompetisie

 

From: 05 October 2019 at 00:00 AM

Until: 05 October 2019 at 00:00 AM

Location: SMG se skietbaan buite Musina.


Details:

Die streek se skuts word uitgenooi na die Ultimate Shot-skietkompetisie op Saterdag, 5 Oktober, op SMG se skietbaan buite Musina.

Die kompetisie word aangebied deur African Outdoorsman, in samewerking met die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging (BJV) se Kremetart-tak. Dit behels een kompetisie met vyf dissiplines wat geskiet sal word, naamlik pistool (10 skote), semi-auto (10 skote), kleiduifskiet (10 skote), 200 meter gong skiet en 50 m en 100 m groeperingskiet. Vir die eerste vier dissiplines sal wapens en ammunisie voorsien word.

Vir die groeperingskiet moet eie senterslagwapen en ammunisie voorsien word.
Die eerste prys is ‘n nuwe 308 Remington Winchester, tweede prys ‘n 809 Taurus 9 mm parabellum en derde prys ‘n Nordiske 12-boor. Daar is nog vele meer pryse. Deelname kos R300 per persoon en inskrywing sluit 3 Oktober. Kos en akkommodasie is beskikbaar met die prysuitdeling, wat by Tovey Lodge sal plaasvind.

Inskrywings en reëls is beskikbaar by die BJV Kremetart-tak in Musina. Alternatiewelik, skakel Jaco Lyon by 082 550 4208 ([email protected]) of Hennies Cordier by 083 866 5733 ([email protected]).


Contact Person: Jaco Lyon

Tel: 082 550 4208

Email:

 

Upcoming Events

Vetkoekverkoping
Where: Boababstraat 57 Start: 05 Apr  (11:30 AM)
Conway Rugbydag
Where: Louis Trichardt Rugbyklub Start: 06 Apr  (08:00 AM)
SPCA Craft & Farmers’ Market
Where: Spca Louis Trichardt Start: 06 Apr  (09:00 AM) End: 06 Apr  (14:00 PM)
Sing-saam aand
Where: Zoutpansberg CVO Start: 12 Apr  (18:00 PM)
Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane Start: 20 Apr  (05:00 AM)