ADVERTISEMENT:

 
     

ROLBAL BESIGHEIDSLIGA

 

From: 28 October 2021 at 00:00 AM

Until: at

Location: Louis Trichardt Rolbalklub


Details:

Die Louis Trichardt Rolbalklub se gewilde besigheidsliga is weer op hande en spanne kan nou reeds begin inskryf.
Die liga vind in Oktober en November oor drie agtereenvolgende Donderdagaande plaas, naamlik op 28 Oktober, 4 November en die finaal op 11 November. Die hoofdoel van die liga is nie net om hierdie sportsoort te bevorder nie, maar ook om fondse vir die klub in te samel en om dit net te geniet.
In totaal kan 14 spanne inskryf, met inskrywings op wat op 25 Oktober sal sluit. Enige instansie of besigheid kan ‘n span inskryf of borg. ‘n Span moet bestaan uit vier nie-rolbalspelers, alhoewel klublede byderhand sal wees om te help met raad. Behalwe vir skoene wat hakloos moet wees, is geen ander dragkodes van toepas­sing nie en rolbalballe sal voorsien word.
Wedstryde begin elke Donderdagaand om 18:00. Aan die einde van die reeks word die wenner bepaal. Dekking sal deur die plaaslike koerant gedoen word en uitslae sal weekliks gepubliseer word. Deelname kos R500 per span en ‘n baanfooi van R20 per speler per wedstryd sal betaalbaar wees. Na elke ligabepaling sal braaipakkies te koop wees, met pap en sous wat voorsien sal word. Vir meer inligting, skakel Marietjie Barkhuizen (082 326 7686) of Marié Volschenk (084 500 2453).


Contact Person: Marietjie Barkhuizen

Tel: 082 326 7686

Email:

 

Upcoming Events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe Start: 01 May  (07:00 AM) End: 01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford Start: 15 May