ADVERTISEMENT:

 
     

Dopperfees

 

From: 06 November 2021 at 08:00 AM

Until: at

Location:


Details:

Die Gereformeerde-gemeente in Louis Tri­chardt hou vanjaar weer hulle gewilde Dopperfees, en wel op 6 November vanaf 07:30 vir 08:00 by die kerkterrein.

Inwoners kan hulle regmaak vir allerhande feestelikhede en lekkertes, soos die gebruiklike pannekoek, stokworse, hamburgers, kerrie-en-rys, poe­dings, gebak, vrugte en groente, handwerk en nog baie meer.

Vir die kinders word vermaak in die vorm van speletjies en ‘n springkasteel aangebied, asook ‘n lekkergoedtafel en allerhande snuisterye teen sakpaspryse.

By die Dopperboma sal heerlike sosaties, pap-en-kaiings en boereworsrolle te koop wees. ‘n Wild- en jagveiling word ook aangebied, om nie eers van die vleis teen die billikste pryse ooit te praat nie! Moet dit nie misloop nie!

Die gemeente nooi inwoners hartlik uit om ‘n draai te kom maak en die dag saam met hulle te geniet.


Contact Person:

Tel:

Email:

 

Upcoming Events

Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe Start: 01 May  (07:00 AM) End: 01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford Start: 15 May