ADVERTISEMENT

 
 

 

Johan Pretorius van Louis Trichardt, skryf:

Ná aanleiding van Jacques van Heerden se skrywe “Nie alle mense noodwendig sonder morele standaarde” in die Zoutpansberger van 18 Augustus. Eers wou ek jou ‘n sagte antwoord gee, maar ek het tot die besef gekom dat daar nie salf aan jou soort te smeer is nie.

Ek wil begin om te sê dat ek twyfel of jy ooit (soos jy in hakies geskryf het) ‘n ware wedergebore Christen was en ek twyfel in jou Bybelstudies ensovoorts. As jy die Bybel geken het, sou jy geweet het dat die mens na God se beeld geskape is, God die Skepper, God die Vader, God die dierbare - nie ‘n dier nie!

Ek dink die god waarna jy verwys is die engel wat uit die hemel gegooi is; ons ken tog almal sy naam.

Ek sien jou as ‘n verbitterde ou man, wat eensaam en alleen is, en om hulp skree vir genade.

Ek is nou gatvol vir die mense wat ons geloof aanval, mense soos jy en OGOD. Ek dink dit het tyd geword dat ons meer aggressief moet optree teen die anti-Christene. God Drie-Enig is die Rots, die Koning, die Fondasie van ons volk en ons land.

Ek bid vir God om ons te verlos van hierdie bose.

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT