ADVERTISEMENT

 
 

 

Anoniem van Louis Trichardt, skryf:

Woensdagnag, 28 September, steel ‘n kat my “Budgie-kind” (wat kan praat en sing) van my stoep af uit sy hokkie uit. ‘n Paar weke voor dit, word my koue hoender wat ons op Sondag wil eet op my kombuiskas ‘n stuk van geëet. By al twee gevalle het ek en my vrou die skelm “kat kind” gesien.

Donderdag, 29 September, lees ek die Zoutpansberger se “Missing cat mystery”. Ek is ook ‘n diereliefhebber. Moet ek nou lekker kry of nie?

Een of twee keer per jaar skiet mense klappers dan is die hel los oor die honde wat mal word, maar elke nag blaf honde aanhoudend en hou mense uit die slaap uit. Skynbaar is dit meer reg.

Hou jou diere stil en in jou werf, dan sal hulle nie verdwyn nie!

 

  

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT