ADVERTISEMENT

 
 

 

Madelyn Stoltz, die organiseerder van hierdie jaar se matriekafskeid “A Night in Paris” by Hoërskool Louis Trichardt, het die volgende bedankingsbrief geskryf:

Dinge is hierdie jaar anders benader as waaraan daar gewoond is. Dit het tot gevolg gehad dat daar heelwat nuwe uitdagings was, maar met ons uitkykpunt om dit vir elke matriekleerling ‘n spesiale en veilige geleentheid te maak, het ons 100% daarin geslaag.

Eerstens kom al die lof en eer toe aan ons Hemelse Vader wat die geleentheid geseën het vêr bo ons verwagtinge. Ek wil ook vir die hele komitee, wat uit pa’s, ma’s en onderwysers bestaan het, sê baie, baie dankie. Sonder elkeen se hulp en harde werk sou die funksie nie so ‘n groot sukses gewees het nie.

Baie dankie vir die positiewe gesindheid en pret wat volstaan het tot op die einde.

Baie dankie ook aan die volgende besighede wat hulle gehelp het om die dag spesiaal te maak: ISIS Design & Décor (Kobus van Dyk), Sugar & Spice (Mari van Wyk), Thompson's Motors (Stanley Thompson en sy span drywers), DJ Jonty, Hellen van Deventer en haar span fotograwe, Zoutpansberger, Palm Motors (Nardus en sy span), PSG Konsult, Talisman, Soutpansberg Dorpswag, Maud Myburg (ambulansdienste), Makhado Munisipaliteit, Ernst Joubert, Jimmy Moodie, Gereformeerde Kerk (Anette), NG Kerk Soutpansberg en die huidige LUK wat as kelners opgetree het.

Namens die komitee wil ek ook graag aan elke matriekleerling baie, baie dankie sê vir julle samewerking om die aand spesiaal te kon maak.

Dit was lekker om te sien julle het dit geniet, dit maak ons TROTSTE TRIEGIE OUERS!! A NIGHT IN PARIS TO REMEMBER FOR THE REST OF YOUR LIFE”

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT