ADVERTISEMENT

 
 

 

Michael Kock van Louis Trichardt, skryf:

Ek is baie bly om in een stuk weer terug te wees by die huis ná die fratsongeluk wat op 16 Oktober byna my lewe geneem het.

Ek is baie dankbaar hiervoor en wil graag almal bedank wat op welke wyse ookal ‘n bydrae gelewer het tot my herstel.

Eerstens wil ek my vrou Christa bedank wat my bygestaan het tydens en ná afloop van my nekoperasie by die Entabeni Hospitaal in Durban. Dankie ook vir die hospitaalpersoneel en -dokters wat my so spoedig kon help. Ek was in baie professionele hande gewees. As dit nie vir julle was nie, sou ek heel moontlik nie hier gewees het nie.

‘n Groot dankie ook aan die inwoners van Louis Trichardt, familie en vriende vir julle onbaatsugtige ondersteuning. Julle bemoediging het my en Christa deur hierdie moeilike tyd gehelp.

Ek kan nie wag om weer op my branderplank en motorfiets te ry nie. Die ongeluk het my glad nie afgeskrik nie. Dankie ook vir die Zoutpansberger vir die mooi berig oor my in verlede week se uitgawe.

Laastens, maar beslis nie die minste nie, wil ons ook die Here bedank dat Hy sy hand van genade oor my en Christa gehou het. Alle eer kom Hom toe.  

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT