ADVERTISEMENT

 
 

 

Rina Vermeulen van Louis Trichardt, skryf:

Ek wil graag baie geluk sê aan Laat Lente en Herfsakker se inwoners vir die pragtige en positiewe manier waarop hulle besluit het om hulle eerste basaar aan te bied. Ek is so trots op elkeen van julle wat julle gewig ingegooi het om hierdie basaar ‘n groot sukses te maak.

Soos met alles in die lewe, is daar ‘n paar wat swaarder trek aan die wa as dié wat net saamry.    Dankie vir elkeen van julle. Julle sal weet wie julle is.

Dit was vir my ‘n groot voorreg en voorbeeld om te kon sien wat ‘n mens kan vermag in so ‘n kort rukkie. Min mense weet dat julle hierdie basaar binne een-en-‘n-halwe maand gereël en uitgevoer het. Hoed af vir julle.

Julle het besluit julle is nie meer bereid om net bakhand te staan en die besighede en individue net te bly vra vir alles nie, maar iets in ruil te begin aanbied. Dit bly ‘n wensituasie vir almal. Ek dink julle het julleself verbaas en oortref. Hou die goeie werk staande.

Aan elke individu en besigheid wat op een op ander manier betrokke was, sonder julle kon dit nooit so ‘n groot sukses gewees het nie. Baie dankie aan elkeen. Daar is net te veel om op te noem.

Indien iemand meer inligting wil bekom oor die basaar se uitkoms, is julle welkom om my te skakel by 083 297 6925.

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT