ADVERTISEMENT

 
 

 

Maandag se transito-rooftog, waarin ‘n sekuriteitswag van die G4-maatskappy gewond is, het ‘n warm debat ontlok op die Facebook-blad van beide die Zoutpansberger en sy susterskoerant, die Limpopo Mirror.

Phillip van Dyk skryf:

Ek het net ‘n vraag. Ek blameer of beskuldig niemand nie, maar het die wagte in die voertuig nie behoorlike gewere - R4 of iets soortgelyk – nie? Is hulle sulke swak skuts dat hulle nie die aanval motor kan immobiliseer deur 'n paar rondtes in sy enjinkap in te sit nie, en dan sommer die insittendes uit te haal deur die skietgate in die pantservoertuig nie? Ek verstaan nie lekker nie.

Louise Kruger Andrews skryf:

Dis 90 % van die tyd "inside jobs" en hulle slaan ook nie net toe nie. Hulle hou daai voertuie vir weke en weke dop om presies te sien hoe hulle roetes is. Ek het vir FG gewerk jare terug en ons eenheid het hulle ge-eskort - en dít was ongelukkig altyd die ouens wat eerste uitgehaal was nog voor hulle op die trok self toegeslaan het. Hulle het elke beweging van almal betrokke op die punte van hulle vingers geken en jy kan dit nie vermy nie, want jy weet nooit wie hou jou van waar af dop en vir hoe lank al nie...

Johannes Selamulela wrote:

It’s time to transit money by helicopters to avoid problems.

Chris van Rooyen skryf:

Ek laat my nie vertel hul kan nie daardie voertuig beter beveilig nie. SA het in die verlede uitstekende voertuie by DENEL ontwikkel. Hulle wil dit net nie doen nie want iewers score almal.

Hennie Humphries skryf:

Sê ek ook al lankal! Daar staan honderde ou ratels. Gebruik hom want hy weeg 35 tonne. Ry geld met so 'n ding aan! Met soldate en klap ‘ ding wat jou wil stop of aanval. Sy wiele vat water so hulle kan ook nie die bande beskadig nie! Lyk my net die company wil nie verbeter! Hoeveel keer moet dit nog gebeur voor iemand iets anders wil doen?

Rabelani Ramashia wrote:

SA is no longer safe; maybe my president will do something.

Van Zyl Van Zyl wrote:

I blame Duduzane Zuma and Ajay Gupta

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT