ADVERTISEMENT

 
 

 

Jorrie, Santie, Morgan en Ismarie Jordaan van Louis Trichardt, skryf:

‘Dankie’ kan nooit die ware, opregte gevoel beskryf wat mens hier diep binne voel wanneer 'n siekte of probleme daadwerklik uitgesorteer word nie. Ons gesin is baie dankbaar aan 'n Hemelse Vader wat die regte mense op ons pad geplaas het om finansieel en emosioneel te kon help.

Jorrie was Maandag, 23 April, terug Pretoria toe vir sy opvolgondersoek en beide dr. De Jong en prof. Cloete was baie positief oor die herstel en pols in die voet en been na die operasie in die vaskulêre-eenheid van die Dr George Mukhari Akademiese Hospitaal, Ga-Rankuwa, wat op 5 April gedoen is om Jorrie se voet te red weens verstopte are.

Dit was 'n genadeweek vir die gesin met die operasie in Pretoria en kinders wat by die huis in Louis Trichardt teen 'n inbreker moes optree. Graag wil ons Santie se familie uitsonder wat finansieel en emosioneel betrokke was, jul is een fantasmagoriese groepie ‘Engel-mense’ en vir ma Marietjie wat in die Kaap gesit het ten tye, maar die familie deur WhatsApp gekontak het en finansiële hulp gevra het ... sy kan organiseer. Dankie aan ware vriende, Anel en Garth van der Walt, wat die kinders in die vroeë oggendure bygestaan het en vir Morgan dokter toe gevat het en gereël het dat die eetkamer venster onmiddellik deur David by Makhado Glass vervang word. Dankie ook aan Bianca (Santie se jonger sus) wat die kinders versorg het. Dan ook 'n dankie aan elke gebed en boodskap van vriende, kennisse en mede werkspersoneel, dit beteken baie. Ons waardeer jul almal opreg.

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT