ADVERTISEMENT

 
 

 

Frans van der Merwe van Louis Trichardt, skryf:

My 80ste verjaardag het vroegoggend begin met 'n droefgeestige draai by die bankteller vir 'n paar rand vir 'n verhoorafwagtende by die tronk.

Onmiddellik nadat ek my pinkode ingetik het, is die hele skerm verlig met 'n vrolike, helder verjaardagkoekprent met flikkerende kersies onder 'n groot teks: "Gelukkige Verjaardag, Frans!"

Droefgeestigheid word skielik 'n daglange glimlag oor die vriendelike bedagsaamheid van die bank wie se naam met die eerste twee letters van die alfabet begin.

'n Groot gedeelte van die alfabet sou ek moes gebruik om volledig te kan sê hoeveel ek daardie vindingryke bedagsaamheid waardeer, Bank!

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT