ADVERTISEMENT

 
 

 

Hoërskool Louis Trichardt het die volgende ingestuur ná afloop van hulle jaarlikse opedag op Vrydag, 18 Mei:

Vanjaar is voornemende skoliere uitgenooi om ‘n toekoms saam te kom bou by Hoërskool Louis Trichardt.

Die dag is moontlik gemaak deur spanbouwerk soos wat net Triegie-leerlinge, -personeel en -ouers kan saamwerk. Dit is derhalwe vir ons skool ‘n groot voorreg om ons dank uit te spreek teenoor die volgende instansies en persone wat elkeen ‘n bydrae gelewer het tot ons suksesvolle opedag:

Kobus van Dyk van Isis Dekor, al die matriekouers (onder leiding van Alta Schwerdtfeger), Stoffel du Toit, U-print, Laerskool Louis Trichardt, Rampie Gilfillan, Soutpansberg Koelkamers, Massey Ferguson wat ‘n trekker geleen het, Zoalize van Zyl, Marie Joubert, Japie van Heerden, Elzabé Stewart, Amanda Cronjé, Elmie le Roux,  Rina Snyman, Greg Stewart, al die personeel van Hoërskool Louis Trichardt en al die lede van die 2017/8 LUK.

‘n Spesiale woord van dank moet gaan aan mnr. Adrian Moulder, Madeleine Nel (organiseerder en media skakelbeampte) en ons hoofleiers TG Fourie en Annika Schwerdtfeger.

Dit was lekker om te sien hoe almal saamwerk en hoe die dag geniet is deur almal. Dit maak ons Trotse Triegies!

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT