ADVERTISEMENT

 
 

 

Frans van der Merwe van Louis Trichardt, skryf:

Uit domme oorhaastigheid met my staptog om eetgoed vir ‘n verhoorafwagtende te bekom, vergeet ek my beursie tuis. Dít kom ek eers agter by die betaalpunt.

Ek moes verleë omdraai. ‘n Jong dame wat net besig was om haar koopware in te pak, het my verleentheid bemerk. Sy dring vriendelik, tog ferm daarop aan om te betaal en voeg sommer nog ‘n handjie ekstra by my aanvanklike pak!

Hoe sê mens dankie vir soveel ruimhartigheid? Die hele wêreld word ‘n beter plek in die teenwoordigheid van so ‘n pragtige mens.

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT