ADVERTISEMENT

 
 

 

Die volgende skrywe is namens ‘n groep ouers ingestuur wat op 18 Mei Hoërskool Louis Trichardt se opedag bygewoon het:

Ons wil graag baie geluk sê aan die personeel en kinders van Hoërskool Louis Trichardt vir ‘n uitstekende opedag. Ons as voornemende ouers kyk met nuwe oë na die skool.

Van begin tot einde het die kinders die besoek geniet, vanwaar hulle met Blitz aangery is, in groepe verdeel is en deur lede van die LUK op ‘n toer van die skool geneem is. Die jongklomp het veral die biologieklas geniet, waar hulle ‘n Fear Factor-speletjie gespeel het. 

Die ouer hoërskoolkinders verdien ‘n pluimpie. Julle was almal baie behulpsaam, vriendelik en het die dag help interessant maak.

Die kersie op die koek was natuurlik Jo Black se optrede die Vrydagaand. Alle Graad 7’s en hul ouers kon gratis die konsert bywoon en hulle is soos VIP’s hanteer met hul stoele heel voor in die gehoor.

As ouers wil ons vir mnr. Cilliers, die personeel en leerlinge van Hoërskool Louis Trichardt baie dankie sê dat julle soveel moeite vir ons gedoen het. Dit was vir ons duidelik dat ons wel vir julle spesiaal is en dit is een van die redes waarom ons ons kinders hierna toe sal bring. Die feit dat mnr. Cilliers tydens die saalsessie gesê het dissipline bly ‘n prioriteit vir die skool was vir ons goeie nuus.

Baie dankie Hoërskool Louis Trichardt. Sien julle volgende jaar.

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT