ADVERTISEMENT

 
 

 

Gideon Meiring, oud-inwoner van die Soutpansberg, skryf:

Die onlangse moord op Annette Kennealy demonstreer net weereens die ingesteldheid van veral swartmense dat wit lewens goedkoop geword het. Hierdie siening word gerugsteun deur onverantwoordelike politici wat geweld en selfs moord teen witmense in die algemeen en boere in die besonder goedpraat en propageer. Selfs die howe soek myns insiens redes ter versagting om die moordenaar tot voordeel te wees.

Dit is ironies en so jammer dat Annette gesterf het aan die hand van 'n swartman. Dalk nie 'n klassieke plaasmoord nie, maar moord vir een of ander duistere rede op 'n wit vrou.

Annette het nie net gepraat teen plaasmoorde nie, maar baie ure van haar tyd gegee aan die opleiding en verharding van boere en hul families. Sy was betrokke by tientalle kursusse waardeur 'n paar duisend mense genoemde opleiding ontvang het. Self was sy paraat en het waar moontlik toegepas dit wat sy gepropageer het. Ongelukkig sal die lafaard sy tyd en kans afwag totdat daar 'n verslapping in waaksaamheid en oordeel is en dan toeslaan.

Ons harte gaan uit na Annette se familie, Kim en Kim Snr. Hopelik sal haar ontydige afsterwe tot iets positief lei.

Annette, ons eer jou nagedagtenis en dankie vir die voorbeeld gestel op talle terreine.  (A Luta Continua - Die Stryd Duur Voort). 

Goeie groete.

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT