ADVERTISEMENT

 
 

 

Die inwoners van Laat lente en Herfsakker in Louis Trichardt, skryf:

Baie dankie meneer Desai wat weer oudergewoonte ‘n klomp groente hier by ons kom aflaai het. Dankie ook aan Heleen van den Heever vir die pomelo’s wat jy aan ons geskenk het. Dit is ‘n goeie teenmiddel teen verkoue!

Baie dankie vir die eiers wat ons ook ontvang het, en weer soos altyd ook dankie aan die Veggieman vir jou maandelikse groente. Die tyd is reg vir groentesop!

Dan, ‘n dankie aan Bergcare vir die vleis, waatlemoene en klein pampoentjies. Die NG Kerk Soutpansberg het basaar gehou en ons as inwoners was gelukkig om oorskiet te kry. Baie dankie vir die mielies, boontjies en pampoentjies.

Omdat die inwoners van tyd tot tyd verkope hou, wil ons graag baie dankie sê aan Christo Snyman vir die meel vir ons pannekoekdag.

Verlede week het AUM Louis Trichardt en die Louis Trichardt Hindu Seva Samaj onder leiding van Seema Patel vir ons komberse kom uitdeel. Dit is heerlikste, sagte komberse! Die kinders van die Louis Trichardt Hindu Seva Samaj het die moeite gedoen en aangebied om dit na die inwoners se huise te neem. Baie dankie aan almal wat hulle ontferm het oor ons. May God bless and keep you all!

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT