ADVERTISEMENT

 
 

 

Dippie Nortjé van Louis Trichardt skryf na aanleiding van die wrede aanval op sy 80-jarige ma Joekie en 62-jarige broer Johan:

Dit is met dankbaarheid teenoor ons Skepper dat hulle lewens gespaar is en ons kan duidelik die hand van die Here sien in die herstelproses.

Ek wil almal bedank wat op een of ander manier betrokke was, hetsy met hulp, ondersteuning of belangstelling. Ons het groot waardering vir elke gebed wat opgegaan het. Dankie ook vir elke oproep, SMS en WhatsApp.

Hoe sê mens dankie vir almal? Dankie aan die personeel van Hoërskool Louis Trichardt, pastoor Louis Schoeman en sy vrou Christie, Maud Myburg vir die flinke ambulansdiens, ander ambulansdienste vir die vervoer van beseerdes na Polokwane en Tzaneen, AfriForum, my suster Susan en swaer Emil Kruger, Marietjie van Tonder en haar seun Kobus, Johann en Gerrit Nortjé, my vrou Mercia Nortjé, die dorpswag, die plaaswag, die polisie, die personeel by die hospitale, Meisie van Wyngaard, Jorrie Jordaan, Dries Rossouw, dr. Casper Venter en ds. Jan Pretroius.

Daar is net te veel mense om te noem. As ons dalk iemand uitgelaat het, vra ons om verskoning. Ons het werklik groot waardering vir al die gebede wat opgegaan het. My moeder het my ook gesê sy het geen woorde om haar dankbaarheid te kan beskryf nie.

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT