ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die 47-jarige Leonie de Jager se splinternuwe bergfiets, vasgepen onder die wiele van die bussie. Sy was gelukkig dat die ongeluk nie veel erger was nie.

Fietsrit eindig byna-byna in ernstige tragedie

Date: 29 January 2017 By: Andries van Zyl

‘n Oefenrit het Maandagmiddag so byna-byna ‘n noodlottig einde gehad vir ‘n kranige bergfietsryer van Louis Trichardt, nadat sy deur ‘n minibus-taxi van haar fiets af gestamp is.

Leonie de Jager (47) het die middag besluit om bietjie te gaan litte losmaak op haar splinternuwe bergfiets wat haar man, Heine, vir haar in Desember gekoop het. Sy het in Andersonstraat opgetrap tot by die kruising met Songozwistraat. “Ek het oor die kruising begin ry en die minibus-taxi sien aankom na die vierrigting stopstraat,” het Leonie vertel.

Die volgende oomblik het die minibus-taxi haar gestamp. In die proses is Leonie van haar fiets af geslinger en het haar nuwe fiets onder die bussie, wat skoolkinders vervoer het, beland. Sy is letterlik uit een van haar ryskoene gestamp. “Kort ná die ongeluk het iemand vir my, my skoen onder die bussie gaan uithaal,” het Leonie op die toneel vertel. Sy was erg getraumatiseerd deur die voorval.

Soos gewoonlik het ‘n woordewisseling gevolg oor wie nou eintlik vir die ongeluk verantwoordelik was. Leonie het voet by stuk gehou dat die minibus nie by die kruising gestop het nie en probeer het om voor haar verby te jaag. Die bestuurder van die minibus beweer egter dat hy wel gestop het, maar nie vir Leonie gesien het toe hy weggetrek het nie. Buiten vir ‘n paar skrapies en kneusplekke het Leonie nie ooglopend ernstig seer gekry nie. Haar enkel was egter bietjie opgeswel.

“Leonie se ongeluk het net weereens die soeklig geplaas op die probleem van wetteloosheid in die dorp. Niemand stop meer by stopstrate nie,” het Heine ná die ongeluk gesê. Vir hom het die ongeluk nou ‘n beginselsaak geword. Ná ‘n groot gespook kon hy uiteindelik daarin slaag om ‘n saak van roekelose en/of nalatige bestuur teen die bestuurder van die bussie te open. “Aanvanklik wou die polisie nie ‘n saak oopmaak nie, want ‘niemand het seergekry nie’. Ek moes self die nodige vorms van die Internet gaan aftrek om die saak by die polisie te maak. Baie mense het vir my gesê ek mors my tyd, maar ek gaan ‘n skadevergoedingseis teen die bestuurder instel om die fiets te vervang,” het Heine gesê.

 
 
 

Viewed: 1218

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Leonie word deur haar man Heine op die ongelukstoneel ondersteun.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT