ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wat gemaak met kroniese vuil water?

Date: 09 February 2017 By: 

In Louis Trichardt word huis­houdelike watersuiweringstoestelle al hoe meer gebruik en met goeie rede.

In die rare gevalle waar daar wel water in die krane is, is dit telkens vieslik vuil.
Tydens die mees onlangse watertekorte in en om Louis Trichardt het dit aan die lig gekom dat die drinkwater glad nie drinkbaar is nie. 

Die lang en die kort van dié storie was dat die watersuiwe­ringsaanleg by die Albasinidam nie die aanvraag na water kan hanteer wanneer die watertoe­voer weer herstel word na ‘n lang onderbreking nie. Dit veroorsaak dat vuil water in die stelsel beland.

Verlede week kon die Zoutpansberger bevestig dat water wel deur ‘n filtreerstelsel gestuur word, maar dat dit weinig doen om die water drinkbaar te maak. ‘n Bydraende faktor, het tegnici by die Vhembe Distriksmunisipaliteit (VDM) verduidelik, is die swaar reën wat die streek onlangs ontvang het. Buiten vir modder wat nie kans kry om te sak in die Albasinidam nie, is dit ook moeilik om die watersuiweringsaanleg skoon te hou terwyl dit reën.

Hoe dan gemaak om jou water, hetsy dit dan nou vanaf die munisipaliteit of uit jou boorgat kom, weer drinkbaar te kry?
Waarskynlik die maklikste en mees koste-effektiewe wyse om kwaliteit drinkwater te verkry, is die tru-osmose sisteem. ‘n Ses-fase tru-osmose stelsel sal van alle onsuiwerhede en chemikalieë in die water ontslae raak, en gedurende die sesde fase slegs die minerale terugplaas in die water wat ons liggame nodig het elke dag.

Maar hoe gemaak as só ‘n stelsel nie bekostig kan word nie?
Oasis Water, ‘n plaaslike besigheid, het ‘n ses-stap proses waarvan hulle gebruik maak om water te suiwer. Hulle suiwer water totdat dit 100% skoon is en verkoop dit in gerieflike, hervulbare houers, wat inwoners nie ‘n arm en been sal kos nie.

 

 

 
 
 

Viewed: 335

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT