ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle mnr. Hannes Strydom (64).

Dood eis nog ‘n bekende inwoner

Date: 18 February 2017 By: Andries van Zyl

Inwoners van die Soutpansberg het die afgelope week nog ‘n bekende inwoner aan die dood afgestaan.

Mnr. Hannes Strydom is Vrydagoggend, 10 Februarie, in die ouderdom van 64 jaar skielik vanweë ‘n hartaanval oorlede, nadat hy by die fabriek waar hy werksaam was, Kotek Staalwerke, inmekaar gesak het.

Hannes was ‘n oud-inwoner van Louis Trichardt en het deur sy besigheid deur die jare baie kennisse en vriende gemaak. “Hy was ‘n steunpilaar in die gemeenskap en was in baie opsigte ook ‘n leermeester. Met sy hande was daar niks fout nie en almal het Hannes geken as ‘n hardwerkende en gerespekteerde persoon. Ons almal gaan sy raad en kennis mis,” het die familie gesê.

Wyle Hannes word eerskomende Vrydag, 17 Februarie, om 11:00 vanuit die Gereformeerde Kerk op die hoek van Songozwi- en Andersonstraat begrawe. Die diens word waargeneem deur dr. Philip Venter.

Die familie het hul opregte dank en waardering uitgespreek teenoor al die familie en vriende vir hul ondersteuning in hierdie hartseer tyd. Wyle Hannes word oorleef deur sy eggenote Christa, kinders Louis, Jan, Francois, Chantelle, Marchelle en Jan, broer Louis en Dirk, suster Belinda en 10 kleinkinders.

 
 
 

Viewed: 1290

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT