ADVERTISEMENT:

 

 
 

Foto's van die "sinkertjies" wat naby die Wylliespoort-area ontdek is. 

Wie weet waarvoor hierdie houertjies gebruik is?

Date: 13 April 2017 By: Isabel Venter

‘n Paar eienaardige artefakte wat onlangs ontdek is in die Soutpansberg, het inwoners aan die raai.

Foto’s van die ontdekkings is aan die Zoutpansberger gestuur met die hoop dat daar lesers sal wees wat kan help om dit te identifiseer.

Daar is eintlik twee van hierdie goetertjies gekry. ‘n Besoeker aan die area, mnr. Willem Pelser, wat ‘n geskiedenisentoesias is en graag in sy vrye tyd daarvan hou om vir artefakte te soek, het die ontdekking gemaak in die Wylliespoort-area.

Met die eerste oogopslag lyk die ontdekkings amper soos sinkertjies wat vir visvang gebruik word. Hulle is amper vier-en-‘n-half sentimeter lank en ongeveer twee sentimeter breed. Die artefakte het, net soos ‘n bottel, ‘n boepens en word dan al nouer aan die bo-kant. Hulle is ook heeltemal hol aan die binnekant.

Foto’s van die aardige “sinkertjies” is aan ‘n paar boekkenners gewys in die hoop dat iemand dit sal kan help kan identifiseer. Tot dusver is daar egter nog nie ‘n positiewe uitkenning gemaak nie. Plaaslike historikus, mnr. Charles Leach, het gesê ‘n goeie begin is om meer navorsing te doen oor die Musina kopersmelters.

Lesers wat kan help met die identifikasie van die “sinkertjies” kan met die koerant skakel by Tel 015 516 4996, of met Isabel by 073 349 1587.

 
 
 

Viewed: 920

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT