ADVERTISEMENT:

 

 
 

Van die personeel van Sheldon & Prinsloo afgeneem saam met vriende, kliënte en familielede tydens die verjaardagvieringe.

Groot verrassing vir sakeman André

Date: 14 April 2017 By: Anton van Zyl

‘n Bekende sakeman van die dorp en ‘n persoon wat al vir dekades lank betrokke is by diensorganisasies en -projekte, is Saterdag verras deur kollegas en vriende met ‘n besonderse verjaardagfunksie.

André Prinsloo het Saterdag sy 70ste verjaarsdag gevier. Verskeie van sy vriende, besigheidskliënte, personeel (huidige en voormalige) asook familielede het die geleentheid bygewoon wat by die Frans Vermaak-saal in Louis Trichardt gehou is.

André het in 1976 saam met mnr. Hugh Sheldon die firma Sheldon & Prinsloo Geoktrooieerde Rekenmeesters (S.A.) gestig. Die personeel van vier het uitgebrei tot waar dit vandag staan op drie vennote en 19 personeellede. Die firma bied vandag uitgebreide dienste aan in besigheidsadvies, belasting, boedelbeplanning, oudit en algemene rekenmeesterwerk en -ondersteuning.

André het oor die afgelope 40 jaar diep spore getrap in die gemeenskap en gedien op rade soos die Soutpansberg Muurbalklub, die VEC, VBS Mutual Bank, Rotariërs, Belastingbetalingsvereniging en Ons Tuiste, om ‘n paar te noem.  In die laaste 15 jaar het André hom ook bekwaam as ‘n suksesvolle makadamiaboer.

Die organiseerders van die funksie het almal bedank wat Saterdag teenwoordig was en vir hul insette om ‘n sukses van die aand te maak.

 

 
 
 

Viewed: 338

 

 
 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

 
 

More photos... 

André Prinsloo en sy vrou, Bets, afgeneem tydens Saterdagaand se funksie.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT