ADVERTISEMENT:

 

 
 

Drie weer in hof op aanranding-klag

Date: 14 April 2017 By: Isabel Venter

Die drie mans van Louis Trichardt wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n 16-jarige seun by ‘n bekende kuierplek in die dorp aangerand het, het verlede Vrydag weer in die plaaslike distrikshof verskyn.

Die drie mans is aangekla van aanranding, na ‘n voorval by die Rugbylapa op 6 Januarie vanjaar. Een van die mans sou glo die 16-jarige seun daarvan beskuldig dat hy ‘n verhouding met sy vrou gehad het. ‘n Woordewisseling het ontstaan en die seun het probeer wegkom. Hy het klaarblyklik kort na dié onderonsie gestruikel en op ‘n skerp stok geval wat deur sy ribbekas gesteek het. Die seun moes vir ‘n geruime tyd gehospitaliseer word na die insident.

Die drie mans het Vrydag net vlugtig in die hof verskyn, waarna hulle saak uitgestel is tot en met 5 Mei. Die Staat het vir die uitstel gevra aangesien die polisie aangedui het dat hulle nog nie hul ondersoek afgehandel het nie.

 
 
 

Viewed: 286

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT