ADVERTISEMENT:

 

 
 

Direkte tronkstraf vir man wat na "droom" vasgetrek is

Date: 28 April 2017 By: Isabel Venter

Die inbreker wat verlede jaar besluit het om by die Van den Berg-egpaar van Louis Trichardt se huis in te breek, is reguit tronk toe gestuur.

Die 20-jarige Reward Magiga Takataka het verlede week ‘n pleitooreenkoms met die Staat aangegaan waarin hy skuld erken het op klagte van motordiefstal en huisbraak met die opset om te steel. Hy was ten tye van die inbraak in diens van Joppie en Zonika van den Berg gewees.

In verlede week se uitgawe van die Zoutpansberger is berig hoe Takataka gevang is ná ‘n droom wat Zonika gehad het die aand van die inbraak. In haar droom het sy gesien hoe haar Fortuner met die gesteelde goedere bestuur word na ’n behuisingskompleks skuins agter die skrootwerf Reclam in Industriastraat. Beeldmateriaal van Reclam se sekuriteitsvideos het dit gestaaf en Takataka is kort daarna deur die polisie gearresteer.  

Die Louis Trichardt Streekshof het verlede Woensdag, toe Takataka verskyn het, sy pleit en bekentenis aanvaar. Wat betref die klag van huisbraak is Takataka gevonnis tot vier jaar direkte gevangenisstraf. Hy is ‘n ekstra jaar opgelê op die klag van motordiefstal. Die hof het gelas dat sy vonnis samelopend uitgedien moet word.  

 

 
 
 

Viewed: 712

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT