ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die jaggeweer en ammunisie waarop die polisie Maandag beslag gelê het, nadat hulle twee vermeende renosters stropers gevang het op Eckland Safari's se grond. Foto verskaf.

Twee vas ná wilde skietgeveg

Date: 07 May 2017 By: Isabel Venter

Twee vermeende renosterstropers is Maandag vasgetrek, nadat hulle in ‘n skietgeveg met die polisie betrokke geraak het.

Volgens provinsiale polisiewoordvoerder lt-kol. Moatshe Ngoepe, het die polisie die twee verdagtes voorgelê, nadat hulle inligting ontvang het van hulle voorneme om op Eckland Safari’s (sowat 30km noord van Louis Trichardt) se grond onwettig te gaan jag.

Die twee mans het glo Maandagmiddag die plaas binnegekom. Toe hulle besef daar is ‘n lokval vir hulle gestel, het hulle op die polisie begin skiet. Die polisie het teruggeskiet en een van die verdagtes is in die linkerskouer gewond. Niemand aan die polisie se kant het beserings opgedoen nie.

Met die twee verdagtes se arrestasie het die polisie ook beslag gelê op ‘n jaggeweer en ammunisie, ‘n Ford Ranger bakkie en drie jagmesse.  

Een van die verdagtes, Chinyoka Isaac Mlambo (48), het Woensdag vlugtig in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn. Die saak is in die afwesigheid van sy medebeskuldigde, Bornwise Mlambo (40), uitgestel tot 10 Mei om die polisie kans te gee om die saak verder te ondersoek. Bornwise, wat nog mediese behandeling ontvang in die Louis Trichardt Gedenkhospitaal, sal dan na verwagting ook in die hof verskyn.

Die twee mans staar klagte van onwettige jag en poging tot moord in die gesig.

 

 

 
 
 

Viewed: 827

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Behalwe vir 'n swaar kaliber jaggeweer het die polisie ook beslag gelê op drie jagmesse waarmee die mans vermoedelik renosterhorings wou stroop. Foto verskaf.

Die jaggeweer en ammunisie waarop die polisie Maandag beslag gelê het nadat hulle twee vermeende renosterstropers gevang het op Eckland Safari's se grond. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT