ADVERTISEMENT:

 

 
 

Renoster op lugmagbasis doodgeskiet en gestroop

Date: 12 May 2017 By: Isabel Venter

Ten spyte van die moratorium wat gelig is op die binnelandse handel in renosterhorings, duur die slagting voort en geen renoster word ontsien nie.

In een van die jongste gevalle is ‘n renoster binne-in die Makhado Lugmagbasis afgemaai vir sy horings.

Volgens plaaslike polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilane in Louis Trichardt is ‘n saak van die onwettige jag van ‘n beskermde spesie geopen. Sy het Dinsdag bevestig dat die renoster se karkas binne-in die natuurreservaat, wat grens aan die lugmag se woongebied, gekry is.

Volgens Radzilane het ‘n besoeker wat op ‘n wildrit was ‘n groot groep aasvoëls opgemerk en ondersoek gaan instel. Dit is toe dat die besoeker op die dooie renoster afgekom het. Albei die renoster se horings was afgekap.

Aanvanklik is inligting ontvang dat twee renosters gedood is, maar Radzilane het bevestig dat net een renoster dood aangetref is deur die polisie se ondersoekspan.

Daar is gepoog om kommentaar van die lugmag se nasionale kommunikasiekantoor te kry oor die voorval, maar teen druktyd was hul antwoord nog uitstaande.

 

 
 
 

Viewed: 319

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT