ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Ashley "Kabous" Odendaal (21). Foto: Facebook

Kabous sterf ná motorfietsongeluk

Date: 19 May 2017 By: Andries van Zyl

Die Soutpansberg treur saam met die Odendaal-familie met die skoknuus van die skielike dood van die 21-jarige Ashley “Kabous” Odendaal.

Odendaal, jongste seun van Allan Odendaal van Louis Trichardt, was ‘n oud-leerling van Laerskool Louis Trichardt en die CVO Skool Zoutpansberg. Hy is dood na ‘n motorfietsongeluk in Pretoria gedurende die vroeë oggendure van Donderdagoggend, 18 Mei.

Odendaal was op pad om sy vrou by haar werk te gaan oplaai, toe die ongeluk plaasgevind het. Die omstandighede wat tot sy dood gelei het, bly egter steeds duister. Die vermoede bestaan dat hy deur ‘n motoris op sy motorfiets getref is, waarna die motoris vanaf die ongelukstoneel weggejaag het.

Die erg beseerde Odendaal is deur ‘n verbyganger gevind wat met sy selfoon die familie van die ongeluk kon in kennis stel. Hy is na die Steve Biko hospitaal geneem, maar het weens die ernstige aard van sy beserings ‘n paar uur na die ongeluk beswyk.   

 
 
 

Viewed: 7140

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT