ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die ongelukstoneel naby Matoks op die N1.

Ongeluk op N1 naby Matoks ontwrig verkeer

Date: 23 May 2017 By: Andries van Zyl

Verkeersvloei op die N1 suid tussen Louis Trichardt en Polokwane is erg ontwrig vroeër vanoggend na ‘n gru-ongeluk op die Dwarsrivierbrug naby Matoks.

Mnr. Nico Bezuidenhout van Louis Trichardt was onderweg na Polokwane om duiwe vir die Hangklip Posduifklub te gaan aflaai. “Ek het voor gery. ‘n Vriend van my, Mike Coetsee, het so twee kilometer agter my gery. Ek was al by die verleggings in Matoks toe hy my skakel en sê daar was pas ‘n massiewe ongeluk voor hom gewees. So die ongeluk moes tussen ons plaasgevind het,” het Nico telefonies gesê.

Die ongeluk het omstreeks 06:30 plaasgevind en drie voertuie was in hierdie tromp-op botsing betrokke. Wrakstukke het oor ‘n groot area verspreid gelê. “Met ons terugkeer vanaf Polokwane was die verkeer vanweë die ongeluk steeds opgehoop. Die pad is egter omstreek tien voor nege weer vir verkeer oopgestel,” het Nico gesê.

Dit is onseker wie in die ongeluk betrokke was, of iemand dood is in die ongeluk en wat die aard van die persone in die ongeluk se beserings is. Meegaande foto’s is deur mnr. Trompie Hofmeyr geneem en ingestuur.

Lees die volle berig hier.

 
 
 

Viewed: 3403

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Die ongelukstoneel naby Matoks op die N1.

Die ongelukstoneel naby Matoks op die N1.

Die ongelukstoneel naby Matoks op die N1.

Die ongelukstoneel naby Matoks op die N1.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT