ADVERTISEMENT:

 

 
 

Marizelle Sadie (6). Foto: Facebook.

Marizelle sing aan Jesus se voete in die hemel

Date: 24 August 2017 By: Isabel Venter

“Soos sy in die klas gesing het, sing sy in die hemel aan Jesus se voete.”

Só het die skoolhoof van Laerskool Louis Trichardt, mnr. Louis Linde, Donderdag (24 Augustus) gesê tydens ‘n spesiale diens ter nagedagtenis aan Marizelle van Biljon (6).

Sy is dood in die gru-ongeluk wat ook die lewens geneem het van haar ma, Franzelle (33) en oupa en ouma Dawie (62) en Elsa Sadie (60). Hulle is dood toe die Volkswagen Jetta waarin hulle op reis was tromp-op met ‘n Toyota Corolla gebots het op die N1-snelweg tussen Mookgophong en Mokopane.

Marizelle was ‘n Graad 1-leerling by Laerskool Louis Trichardt.

Al haar maatjies en onderwysers by die skool het Donderdagoggend afskeid geneem met ‘n spesiale diens by die skool se klokkoepel. Hierdie klok, met die woorde Benedicat te Deus (God Seën Jou), word elke jaar geslaan deur elke nuwe Graad 1’tjie wat by die skool begin.

Kyk na die volle video van die diens hier:

 
 
 

Viewed: 5345

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT