ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die beskuldigdes. Van links is Deon van Deventer (48), Niklaas van Deventer (51) en Onward Muchagowa (41).

Beweerde stropers bly in aanhouding

Date: 01 September 2017 By: Isabel Venter

Vir eers staan die saak teen die drie mans wat teregstaan op klagte van renosterstropery stil.

Deon van Deventer (48), Niklaas van Deventer (51) en Onward Muchagowa (41)  is op 6 Januarie gearresteer, nadat hulle na bewering ‘n afgesaagde renosterhoring in ‘n plastieksak ten tyde van ‘n polisiejaagtog op die Vivo-pad by hul bakkie se venster uitgegooi het.

Al drie verhoorafwagtendes is steeds in aanhouding, nadat hulle in Mei vanjaar borgtog geweier is op grond daarvan dat hulle verdere oortredings sal pleeg.

Tydens hulle borgaansoek het dit aan die lig gekom dat Deon skuldig gepleit het op ses aanklagte wat verband gehou het met die dood van 11 renosters vanaf 14 Desember 2005 tot en met Mei 2006. In een geval het hy twee renosterbulle en een renosterkoei naby Mbabane in die Kruger Nasionale Park doodgemaak en hul horings gestroop. Deon is toe gevang en op 29 Mei 2006 op borg van R10 000 vrygelaat. In die daaropvolgende drie maande het Deon skuld erken op ‘n verdere drie aanklagte wat verband gehou het met die dood van nog ses renosters.

In die saak, wat tans voor die Louis Trichardt Landdroshof dien, word daar vermoed dat die drie mans verbind kan word met twee afsonderlike gevalle waar renosters doodgeskiet en gestroop is van hulle horings. Die omvang van dié saak is egter van so ‘n aard dat die polisie nou nog besig is om hul ondersoek af te handel. Derhalwe is die mans se saak, na ‘n vlugtige hofverskyning op 18 Augustus, uitgestel tot 28 September. Daar sal na verwagting dan voortgegaan kan word om ‘n verhoordatum vas te stel.

 
 
 

Viewed: 396

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT