ADVERTISEMENT:

 

 
 

Shared caption

Minder bekende oorlogsmonument die volgende skat

Date: 08 September 2017 By: Andries van Zyl

Reg oos van die Nederduits Hervormde Kerk in Louis Trichardt staan die minder bekende oorlogsmonument (senotaaf), wat hierdie week die Louis Trichardt Erfeniskomitee se volgende erfenisskat is.

In hierdie boomryke parkie op die hoek van Louis Bothalaan en Forestryweg word die monument byna oorskadu en is nie maklik sigbaar nie.

Die monument simboliseer die respek en waardering wat ons het vir die manne van die Soutpansberg wat as soldate geveg het in die Eerste en Tweede Wêreldoorlog. Dit is jare gelede opgerig en deur mnr. Steven Botha, ‘n voormalige burgemeester, onthul.

Die name van die soldate wat geveg het in die twee oorloë is aangebring op ‘n koperplaat aan die sykante van die monument, maar is intussen verwyder, nadat die monument erg gevandaliseer is. Die koperplaat word nou vir veilige bewaring gestoor by die kantore van die plaaslike MOTHS, die Turbi Hills Shellhole. Lede van die publiek kan op afspraak die plaat daar besigtig.

In die meegaande foto’s kan die woorde gesien word wat op die granietklip aangebring is, nl. “Ons vir jou Suid-Afrika” en aan die westekant “We will remember them”. Dit is erg geskend deur vandale, maar is steeds leesbaar.

Wat hierby aansluit en waarvan min plaaslike inwoners bewus is, is dat daar net buite die dorp, suid van die Roodewal-pad, ‘n graf van ‘n swart man is wat lid was van die voormalige Suid-Afrikaanse Weermag. Die grafsteen is amptelik verskaf deur die weermag en is goed leesbaar.  Dit is ook geregistreer by die Commonwealth War Graves Commission. ‘n Toekomstige artikel sal meer besonderhede oor hierdie graf verskaf.

Vanaf die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog op 28 Julie 1914, tot en met die beëindiging daarvan op 11 November 1918, was daar 70 miljoen militêre personeel uit 40 lande betrokke, waarvan daar nege miljoen sterftes aangeteken is. Die Tweede Wêreldoorlog (1939 tot 1945) het langer geduur en onder die 100 miljoen militêre personeel uit 30 lande was daar ‘n verlies van 60 miljoen mense.

Die Unie van Suid-Afrika was tydens albei Wêreldoorloë een van die outonome lande binne die Britse Ryk en baie Suid-Afrikaners het vrywillig deelgeneem, omdat loting nie bestaan het nie.

“Die Erfeniskomitee nooi u uit om ook hierdie skat te gaan besigtig, aangesien baie van ons se voorgeslagte hier gedenk en vereer word. Onthou om foto’s te plaas op die Facebook-blad: ERFENIS BEWARINGS- EN BEWUSMAKINGSKOMITEE: LOUIS TRICHARDT EN STREEK,” het die komitee gesê.

 
 
 

Viewed: 207

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

In die meegaande foto’s kan die woorde gesien word wat op die granietklip aangebring is, nl. “Ons vir jou Suid-Afrika” en aan die westekant “We will remember them”. Dit is erg geskend deur vandale, maar is steeds leesbaar. Foto’s verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT