ADVERTISEMENT:

 

 
 

Leonie saam met Willehond by die Kaapse see. Foto verskaf.

Willehond se blaf word stil

Date: 06 October 2017 By: Isabel Venter

Willehond, Louis Trichardt se bekende tweebeen brak, vang nou die hase in die hondehemel.

Hy het op Maandag, 25 September, sy laaste asempie uitgeblaas. Ou Willehond was agt jaar en 25 dae oud gewees. Sy beskermengel, me. Leonie Oberholzer, was tot op die laaste saam met hom gewees.

Leonie onthou nog goed die dag toe hulle vir Willehond as ‘n ou piepklein hondjie, half dood, opgetel het op ‘n plaas sowat 25 km noord van Louis Trichardt. Willehond was net vel en been. Sy twee stompies vir voorpootjies was rou geskaaf soos hy probeer het om te beweeg.

Almal het vir Leonie gesê om eerder die hondjie te verlos van sy lyding. Selfs die veearts het destyds aanvaar dat hulle die hondjie gebring het om te laat uitsit.

Ten spyte van al die hobbels in sy pad, het Willehond egter oorleef en geleer om met sy agterste twee bene te loop. So met die hop-hop, het hy sommer in almal se harte ingespring.

Willehond het oor die jare ook mense geïnspireer en praatjies bygewoon by kleuterskole waar daar gepraat is oor kinders wat met ‘n gebrek moet saamlewe. Net soveel liefde as wat hy ontvang het, het hy uitgedeel. Willehond was veral lief om skoenlappersoentjies te kry van Leonie af ... en natuurlik die see.

Kort voor Willehond in Julie vanjaar gediagnoseer is met kanker het hy die Maart-vakansie saam met Leonie-hulle Kaap toe gegaan. “Hy wou nie saam terugkom huis toe ... die sand was te lekker gewees ... en hy het vir ons bly weghardloop,” het Leonie Maandag laggend vertel.  

Sy het Willehond self gaan begrawe op die plaas waar hulle hom gekry het, op ‘n spesiale plekke wat hulle Angel’s Haven  gedoop het. “Hy het ‘n spesiale plekkie in ons lewens en harte gehad, en ons gaan om vreeslik baie mis,” het Leonie gesê.

 
 
 

Viewed: 1197

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Willehond toe hy nog 'n ou klein hondjie was. Danksy maande se liefde en aandag het hy geleer om op sy twee agterste bene oor die weg te kom. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT