ADVERTISEMENT:

 

 
 

Jan-Karel Limbach was nie net Hoërskool Eric Louw se top matrikulant nie, maar ook die 14de beste matriekpresteerder in Limpopo. Foto verskaf.

Eric Louw trots op matriek-uitblinkers

Date: 12 January 2018 By: Andries van Zyl

Hoërskool Eric Louw in Musina is baie trots op een van hul 2017-matrikulante wat na die bekendmaking van die provinsie se matriekuitslae aangewys is as een van die provisie se beste presteerders.

Jan-Karel Limbach het met sewe onderskeidings en 'n gemiddeld van 93% ‘n algehele 14de plek in die Limpopo Provinsie behaal. Hy het 98% in rekeningkunde, 96% in fisiese wetenskappe, 96% in lewensoriëntering, 95% in lewenswetenskappe, 91% in Engels eerste addisionele taal, 90% in wiskunde en 88% in Afrikaans huistaa behaal. “Ons is baie trots om Jan-Karel,” het die skool gesê.

Eric Louw was eweneens trots op hul tweede beste 2017-matrikulant, Kuru Vansia. Kuru het ses onderskeidings met ‘n algehele gemiddeld van 83% verwerf. Hy het daarin geslaag om 82% in Afrikaans eerste addisionele taal, 80% in wiskunde, 84% in lewensoriëntering, 89% in rekeningkunde, 87% in toegepaste rekenaartegnologie, en 89% in fisiese wetenskap te behaal.

Mede-Louwtjie Nicolene Whelan spog op haar beurt met drie onderskeidings die afgelope matriekeindeksamen. Sy het 80%  in Engels eerste addisionele taal, besigheidstudies en lewensoriëntering verwerf met ‘n algehele gemiddeld van 71%.

 
 
 

Viewed: 543

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Nicolene Whelan spog op haar beurt met drie onderskeidings. Foto verskaf.

Eric Louw was eweneens trots op hul tweede beste 2017-matrikulant, Kuru Vansia met sy ses onderskeidings. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT