ADVERTISEMENT:

 

 
 

Jessica met haar pienk strikkie, kort voor sy haar nuwe eienaar ontmoet het Saterdag. 

Nuwe woef vir tannie Nelia ná slang Goofy eet

Date: 16 February 2018 By: Isabel Venter

Danksy ‘n spanpoging van ‘n plaaslike groep vrywillige slangvangers het die hartseer verhaal van mev. Nelia Scheepers se woef Goofy ‘n gelukkige einde gehad.

Die groep het saamgespan en vir Nelia, wat op ‘n plot woon uit op die Vivo-pad buite Louis Trichardt, ‘n nuwe brakkie gekry, wat hulle Saterdag aan haar oorhandig het. ‘n Yslike luislang van meer as drie meter het sowat twee weke gelede vir Goofy ingesluk, slegs ‘n paar meter weg van Nelia waar sy geslaap het. Sy het voor die televisie aan die slaap geraak, toe sy rondom middernag wakker word van die honde se benoude geblaf.

Die luislang het toe reeds vir Goofy doodgedruk en ingesluk.  

Nelia het vir Frikkie Venter, een van die vrywillige slangvangers, in die hande gekry en hy het die luislang gaan vang. Die luislang is later op ‘n plek van veiligheid vrygelaat.

Die groepie het amper dadelik aan die werk gespring om ‘n nuwe hondjie geborg te kry vir Nelia. Dit het wel ‘n bietjie rondvra geverg, maar hulle het die oulikste Beagle/Jack Russel-kruising gekry wat deur mev. Susan van Baalen van Louis Trichardt geborg is.

Die nuwe woef, wat later Jessica gedoop is, het sommer dadelik die stert geswaai toe sy haar nuwe eienaar ontmoet het. Lede van die groepie het die afgelope Saterdag vir Jessica oorhandig aan Nelia.

Die groepie het elke lid bedank wat gehelp het om die skenking moontlik te maak en in besonder vir Susan vir die hondjie, Diana Straube en Blouberg Dierekliniek op Louis Trichardt wat Jessica se eerste inspuiting geborg het.

 
 
 

Viewed: 424

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Lede van die plaaslike groep van vrywillige slangvangers afgeneem Saterdag saam met mev. Nelia Scheepers (met Jessica in haar hande). 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT